Preloader logo
Menu

Baie Veiliger, Vinniger,
Dink Vooruit.

DigiByte is meer as net 'n vinnige digitale geldeenheid. Dit is 'n innoverende blokketting wat gebruik kan word vir digitale bates, slim kontrakte, gedesentraliseerde toepassings (Dapps) en veilige verifikasie.

Lees die info paper

Wat maak DigiByte beter as ander geldeenhede?

DigiByte is 'n vinnig groeiende oop bron blokketting wat in laat 2013 ontwikkel is en vroeg in 2014 vrygestel is vir gebruik. Nou na jaar se toekomsgerigte ontwikkeling, is DigiByte een van die veiligste, langste en mees gedesentraliseerde UTXO blokkettings wat bestaan.

Werklik gedesentraliseer.

DigiByte is nie gefinansier deur 'n ICO nie en daar was ook geen beduidende munstukke vooraf gemyn nie. Daar is ook nie 'n Hoof Uitvoerende Beampte of 'n maatskappy wat die DigiByte blokketting beheer nie. DigiByte word bedryf deur vrywilligers en ondersteun deur 'n globale gemeenskap.

Veiliger.

DigiByte gebruik 5 kriptografiese algoritmes en intydse aanpassing van die moeilikheidsgraad om kwaadwillige myn sentralisasie te verhoed en fluktuasie in hutsvermoe te voorkom. Een van hierdie algoritmes is OdoCrypt wat dit self elke 10 dae verander om die netwerk weerstandig teen die sogenaamde ASIC myners te maak.

Baie vinniger.

DigiByte blokke word elke 15 sekondes geskep wat 40 keer vinnger as Bitcoin and 10 keer vinniger as Litecoin is. DigiByte het reeds vroeg die konsep van SegWit geîmplementeer en die robuustheid van die blokketting maak verwerking tot 1066 transaksies per sekonde op die blokketting moontlik teen minimale koste.

Dink vooruit.

Gedurende die laaste jaar, het DigiByte dit herhaalde kere onderskei deur eerste te wees met blokketting innovering, byvoorbeeld DigiShield, MultiAlgo myner, SegWit implementering, die Odocrypt algoritme, Dandelion++ protocol vir privaatheid, DigiAssets en Digi-ID.

Wat is DigiByte? Kyk na die video inleiding

Dit is hoe die DigiByte blokketting werk.

Die mees innoverende gedeeltes van die DigiByte blokketting is die drie lae wat die network infrastruktuur, asook sekuriteit, en kommunikasie teen ongelooflike spoed verskaf.

Toepassings / DigiAssets.

Die boonste laag is soos ‘n “app store” met aanwending in die werklike wêreld. Dit maak dit moontlik om digitale bates te skep met die DigiAssets protocol bo-op die DigiByte blokketting. Gedesentraliseerde toepassings kan bo-op die DigiByte blokketting gebou word. Dit is ook moontllik om relatief maklik slim kontrakte wat staatmaak op die robuustheid en sekuriteit van die blokketting, te enkodeer.

Digitale bate / Openbare transaksie-grootboek.

Die middelste laag verskaf sekuriteit en administrasie. ‘n Digitale Byte van data, groter data eenhede, of ‘n eenheid wat waarde hou, kan nie vervals, gedupliseer of gekap (hacked) word nie. Die Openbare transaksie-grootboek is onveranderlik en dit is waar al die transaksies van DigiBytes vasgele word. Ten einde sekuriteit te verskaf, gebruik DigiByte 5 algoritmes as bewys van bewerking. Nuwe DigiBytes kan net geskep word deur mynaktiwiteite.

Kern protocol / Globale netwerk.

Die onderste laag verskaf die kommunikasie en operasionele prosedures. Alle nodes op die globale DigiByte network kommunikeer met mekaar. Duisende gebruikers het die DigiByte sagteware op hulle rekenaars. Enige bediener, rekenaar, tablet, or selfoon wat op die DigiByte network is, word ‘n node wat help om transaksies te herlei. Begin om op 'n optimale wyse by te dra tot die DigiByte blokketting.

Oop bron / Sonder toestemming.

Net soos hierdie webtuiste, is die DigiByte blokketting ‘n volkome oop bron en kan enige een dit sonder toestemming gebruik onder die MIT lisensie wat jou die reg gee om sagteware te installeer en te wysig. Deursigtigheid lei tot die onafhanklike verifikasie van die binêre bestandele en hul gepaardgaande bronkode.
DigiByte Protokol op GitHub.
DigiByte Core Ontwikkeling op GitHub.

DigiByte blockchain statistieke

Die geskiedenis van DigiByte.

Ontdek die belangrikste mylpale van die DigiByte blokketting.

Development

Voltydse ontwikkeling het begin om die toekoms van die DigiByte blokketting te bou.

Oktober, 2013 Meer informasie
Launch

Die Genesis blok word suksesvol gemyn en die DigiByte blokketting word amptelik bekend gestel.

Januarie 10, 2014 Meer informasie
DigiShield

DigiShield word ge-aktiveer om intydse aanpassing van die moeilikheidsgraad te gebruik om te beskerm teen fluktuasies van die hutskoers.

Februarie 28, 2014 Meer informasie
MultiAlgo

MultiAlgo word ge-aktiveer om 5 verskillende algoritmes te gebruik om sentralisasie van myners te verhoed.

September 1, 2014 Meer informasie
MultiShield

MultiShield word ge-aktiveer om DigiShield beskerming oor al 5 myn algoritmes te verskaf.

Desember 10, 2014 Meer informasie
DigiSpeed

DigiSpeed word ge-aktiveer om die bloktyd te verlaag tot 15 sekondes vir vinniger transaksies.

Desember 4, 2015 Meer informasie
SegWit

SegWit word ge-aktiveer voor Bitcoin and Litecoin vir effektiewe gebruik van blokgrootes.

April 28, 2017 Meer informasie
Digi-ID

Digi-ID bekend gestel om gebruikers te bemagtig om moeiteloos aan te meld op webtuistes en ander.

Mei, 2018 Meer informasie
DigiAssets

DigiAssets bekend gestel om die gedesentraliseerde uitreiking van digitale bates en meer moontlik te maak.

April, 2019 Meer informasie
Dandelion++

Dandelion++ protokol ge-implementeer wat die IP en fisiese ligging opsporing voorkom.

Mei 3, 2019 Meer informasie
Odocrypt

Odocrypt ge-aktiveer wat dit self elke 10 dae wysig om baie beter ASIC weerstandig te wees.

Julie 21, 2019 Meer informasie
Roadmap

'N Lys van items wat ons vir DigiByte wil doen. Blaai deur en begin bydraes lewer.

Padkaart Meer informasie

'n Digitale geldeenheid
waaroor jy gaande sal wees.

DigiByte (DGB) is ‘n hoogs opskaalbare persoon-tot-persoon digitale geldeenheid met industrie toonaangewende transaksiespoed teen baie lae transaksiefooie. DigiByte is die beste metode om betalings te maak.

Leer deur te kyk

Maklik om te gebruik.

Om DigiByte te begin gebruik, is selfs makliker as om ‘n SMS teksboodskap te stuur. Jy kan DigiBytes stuur en ontvang met die toestelle wat jy reeds ken en gebruik. Al wat nodig is dat jy ‘n DigiByte gesteunde beursie installeer. Kliek skandeer, skandeer daarna ‘n QR kode en stuur jou DigiBytes. Siedaar! So maklik soos 1..2..3.

Beslis nie 'n ICO nie.

DigiByte is nooit deur ICO of ‘ n betekenisvolle aantal munstukke wat vooraf gemyn is, gefinansier nie (0% oorblywend). Daar is geen Uitvoerende Beampte of ‘n maatskappy wat die DigiByte Blokketting beheer nie. Die stigter, ontwikkellaars asook die gemeenskap is almal onbetaalde vrywilligers en dit skakel enige risiko van insolvensie uit.

Baie vinniger.

DigiByte transaksies word bevestig op die blokketting binne ongeveer 15 sekondes, wat dit 40 keer vinniger as Bitcoin en 10 keer vinniger as Litecoin, maak. SegWit maak tot 1066 transaksies per sekonde op die blokketting moontlik. Die uiters lae transaksiefooie maak DigiByte ideaal geskik vir dag-tot-dag betalings.

Altyd veilig.

DigiByte is gebou op die onbreekbare tegnologie van die Bitcoin blokketting en het ook verskeie gevorderde opgraderings ingebring om dit nog meer robuust te maak byvoorbeeld DigiShield, die MultiAlgo mynalgoritmes asook die Odocrypt algoritme. Verder help die Dandelion++ protokol om jou veilig te hou deur jou IP adres en fisiese ligging te versteek. Vir meer informasie.

Kan gemyn word.

DigiByte is ‘n 100% Bewys-van-Bewerking (PoW) blokketting wat gemyn kan word met vyf algoritmes genoem Sha256, Scrypt, Skein, Qubit en Odocrypt. Die MultiAlgo mynproses dra by tot die desentralisasie, sekuriteit van die network en gee aan jou die vryheid om verskillende hardeware te gebruik soos byvoorbeeld ‘n ASIC, ‘n FPGA of ‘n GPU myner. Vir meer informasie.

Bestuurbare eenhede.

In teenstelling met 21 miljoen Bitcoin, is daar 21 biljoen DigiByte eenhede ( 1000:1 verhouding tot BTC) en hierdie doelbewuste ontwerp is daar om DigiByte gereed te kry vir aanvaarding deur die massas. Die DigiByte blokvergoeding verminder elke maand met 1% vergeleke met Bitcoin se halvering elke 4 jaar. Teen die jaar 2035 sal al die 21 biljoen DigiByte gemyn wees en daarna sal die myners slegs staatmaak op transaksiefooie. Vir meer informasie.

Vinnige nuusbrokkies vanuit die DigiByte eko-sisteem.

Alle wisselwerking tussen partye en dienste wat DigiByte ondersteun, kan gevind word op die DigiByte Wiki.

Valr

U kan maklik BTC of ETH met ZAR op VALR koop en dit dan met net een klik omskakel na DigiByte.

Valr valr.com
Artis Turba

Koop DigiByte maklik met Suid-Afrikaanse rand (ZAR).

Artis Turba artisturba.com
Binance

Binance is een van die grootste en kragtigste crypto-handelsplatforms wat DigiByte-handelsopsies bied.

Binance binance.com
Okex

OKX is een van die toonaangewende crypto-uitruilings wat DigiByte-handel bied.

OKX okx.com
KuCoin

KuCoin is een van die mees gevorderde cryptocurrency-uitruilings om DigiByte te verhandel.

KuCoin kucoin.com
Changeangel

Changeangel is 'n kripto tot kripto, beursie tot beursie, uitruil beursdiens wat gemeenskap projekte ondersteun.

Changeangel changeangel.io - koop dgb

Uitruil Vrywaring
Die uitruilings wat hier of op CoinMarketCap bekendgestel is, is slegs vir inligtingsdoeleindes en is nie verbonde aan die DigiByte-gemeenskap nie. Enige uitruiling kan DigiByte lys sonder toestemming. Voer altyd u eie navorsing uit voordat u dit gebruik, en stoor u DGB dan op 'n persoonlike beursie.

'n Eenvoudige metode
om digitale bates te skep.

DigiAssets is ‘n veilige, opskaalbare laag bo-op die DigiByte blokketting wat gedesentraliseerde uitreiking van bates, tekens, slim kontrakte, digitale identiteit en veel meer, toelaat.

Leer deur te kyk

Onbeperkte geleenthede.

DigiAssets kan gebruik word om op ‘n veilige wyse enigiets te skep wat ons in die fisiese omgewing teenkom bv. van tasbare en onroerende bates soos voertuie, eiendom tot skaars digitale kuns. Getekende dokumente soos titelaktes en mediese rekeninge kan beskerm word.

Groei met vertroue.

DigiAssets as ‘n eko-sisteem en platform het reeds partye gelok wat reeds beplan om of reeds platforms bou vir eiendom, finansies, oorbetalings, identiteit, verkooppunt, handel, gesondheid, wedrenne, voorsieningsketting, regering en meer.

Soliede tegnologie.

DigiAssets gebruik die unieke eienskappe van ‘n ware gedesentraliseerde blokketting wat slegs gevind word in die veroorloofde blokkettings soos DigiByte. Dit maak DigiAssets meer veilig, opskaalbaar en gedesentraliseerd as enige ander platform in die kriptomark.

Maak 'n begin met DigiAssets.

Leer die protokol.

Ontdek die oopbron DigiAssets protocol spesifikasies vir uitreiking en uitvoering van digitale bates bo-op die DigiByte Blokketting. DigiAssets Protokol op die GitHub.

Reik 'n bate uit.

Nie ‘n ontwikkelaar nie? Dit is beslis nie ‘n probleem nie! Enigeen kan maklik ‘n DigiAsset uitreik deur een van die hulpmiddels te gebruik wat beskikbaar is sonder die tegniese kennis van die protocol. DigiAssets gesteunde dienste.

Winkel / Verhandel

Wonder jy hoe jy DigiAssets kan gebruik? Gebruik die DigiByte Mobile toepassing om jou bates te versend, aanvaar en te stoor of verken verder DigiAssets gesteunde dienste om DigiAssets te koop, verkoop of uit te ruil.

Benodig meer hulp?

Benodig jy meer bystand met DigiAssets? Sluit gerus aan by die DigiByte Ontwikkelaars groep op Telegram en rig jou vrae aan hulle of ruil idees uit. DigiByte Ontwikkelaars op Telegram.

Kyk na Digi-ID in aksie.

Discover DigiAssets supported services to experience DigiAssets.

DigiAssetX

digiassetX is 'n nuwe DigiByte DigiAsset beurs assok DigiAsset skepperdiens.

Kom binnekort digiassetx.com

Verifikasie op sy beste.

Digi-ID is ‘n sekuriteitsprotokol wat bo-op die DigiByte blokketting tegnologie gebou is en dit stel gebruikers instaat om moeiteloos in te teken op webtuistes, applikasies (Apps), en selfs die opkomende Internet of Things.

Leer deur te kyk

Maklike verifikasie.

Digi-ID skakel die gebruikernaam, wagwoord en 2FA vereistes uit tydens die verifikasieproses. Omdat Digi-ID openbare / private kriptografie gebruik, is daar geen gebruikername of wagwoorde op risiko nie. Hierdie metode beskerm nie alleen die gebruiker nie, maar beskerm ook die dienste wat deur die gebruiker benut word.

Foutlose sekuriteit.

Digi-ID stoor geen data van die gebruikers op die blokketting nie. Dit verder versterk die sekuriteit terwyl dit ook die eindgebruiker se vertroue versterk dat sy data nie nagespoor of op risiko geplaas is deur die nalatigheid van ander nie. Daar is ook geen eksterne punt van mislukking vir ‘n kuberkraker om jou platform te teiken en uit te buit nie.

Eenvoudig en gratis.

Digi-ID is volkome gratis! Daar is geen fooie, subskripsie dienste, of onderhoudkoste nie. Die kostefaktor is egter nie die beste eienskap nie. Die hoofdoel is om, in ooreenstemming met die wyse waarop DigiByte sekuriteit prioritiseer, met Digi-ID ‘n meer veilige, dog eenvoudige metode te skep om aan te teken op webtuisblaaie, toepasings (Apps) en meer.

So werk dit.

Generasie.

Die webtuiste, toepassing of produk genereer ‘n unieke Digi-ID QR kode en vertoon dit.

Skandeer.

Die gebruiker skandeer die QR kode binne die DigiByte Mobile beursie of enige ander Digi-ID ondersteunde toepassing.

Verfikasie.

Die gebruiker verifier die versoek deur sy PIN of deur sy vingerafdruk/ gesig te skandeer.

Bevestiging.

Digi-ID stuur die kriptografies getekende versoek terug en die gebruiker teken suksesvol aan.

Vrae wat gereeld gevra word.

Waar kan ek meer dokumentasie vind?

Die beste beginpunt is Digi-ID.io. Indien jy meer wil weet oor die fyner besonderhede en voordele van Digi-ID, is jy welkom om die gebruikergids, verskaffergids asook die Integrasie gids na te gaan. Indien jy na ‘n bron vir die media soek, kry gerus die Inligtingsblad en Logo's.

Waar is die integrasie programmateek?

Aangesien Digi-ID ‘, oop bron is, is daar verskeie programmateke op GitHub soos bv. DigiByte Core Development , Matthew Cornelisse en WHMCSSnow. Indien jy meer bystand verlang, sluit gerus aan by DigiByte Developers groep op Telegram.

Kan ek Digi-ID integreer sonder om te kodeer?

Indien jy nie ‘n ontwikkelaar is nie, mag jy dit dalk oorweeg om ‘n oplossing wat integrasiegereed is te gebruik vir jou webtuiste of produk. digiassetX bied 'n nodejs-inprop vir maklike integrasie. Jy kan ook die WordPress plugin vir WordPress platforms gebruik.

Is daar ook ander Digi-ID verifikasie toepassings?

Beslis! Digi-ID is ‘n snelgroeiende platform. Verskeie verifikasie toepassings wat alleen staan asook beursies wat Digi-ID ondersteun, kan gevind word onder die Aflaai afdeling.

Kyk na Digi-ID in aksie.

Ontdek sommige Digi-ID ondersteunde dienste om soomlose verifikasie te ervaar.

Changeangel

Changeangel is 'n kripto tot kripto, beursie tot beursie, uitruil beursdiens wat gemeenskap projekte ondersteun.

Changeangel changeangel.io - buy dgb
Hash Altcoin

Hash Altcoin is 'n mynmaatskappy wat FPGA toestelle vervaardig vir mynaktiwiteite wat baie stabilitieit verg.

Hash Altcoin hashaltcoin.com

Die mees passievolle
gemeenskap ooit!

Daar is tien duisende vrywillgers oor die heelal wat almal, vir etlike jare, in vele opsigte, bydra om DigiByte te maak wat dit vandag is. Dit is werklik 'n voetsoolvlak beweging. Ons verwelkom jou hartlik om by ons aan te sluit!

Leer deur te kyk

DigiByte Bewusmakingspan.

DGBAT Is ‘n gemeenskap-gedrewe uitreikingsinitiatief. DGBAT word deur ‘n span gelei, wie se lede op hul eie beurt weer spanne bestuur in die areas soos sosiale media, onderrig, outeurs, uitreikingspesialiste en ontwikkelaars. Hulle doelwit is om DigiByte te bevorder deur onderrig, uitreiking, en bemarkingsveldtogte.
Meer Informasie - Skenk - Kontak.

DigiByte Ontwikkelaars.

Elkeen wat op DigiByte werk is ‘n onbetaalde vrywilliger. Begin vandag om by te dra to DGB se ontwikkeling of bou jou eie toepassing bo-op die DigiByte blokketting.
DigiByte-ontwikkelaars op Gitter.
DigiByte Core Protocol op GitHub.

Sosiale Media.

Volg DigiByte oor al die belangrikste sosiale media platforms om op datum te bly met die jongste DigiByte nuus en deel die nuus met jou vriende om ons te help soda tons stemme oor die hele wêreld gehoor kan word.

Telegram groepe.

Telegram is die mees populêre en maklikste manier om kontak te maak met die globale DigiByte gemeenskap. Sluit hieronder asseblief aan by die groepe wat jou intereseer of sien die volledige lys van al die DigiByte groepe.

Alarms Besprekings Ondersteuning Ontwikkelaars Myners Bemarking Spekulasie Vertalings

Die DigiByte Wiki.

Die DigiByte Wiki is ‘n aanlyn ensiklopedie wat deur die gemeenskap, vir die gemeenskap gebou is. Dit bevat nuttige en jongste data soos die DigiByte Eko-sisteem en Hoe om te doen-gidse. Enigeen kan positief bydra tot die Wiki deur ‘n gratis gebruiker te skep en te begin om inligting by te voeg of op datum te bring op die DigiByte Wiki.
Waarskuwing Vermy skaamtelose bevordering van jouself en verwysingskakels.

Tegniese Raamwerk Prestasies

Ontmoet die skepper van DigiByte.

Jared Tate is beide die stigter en skepper van die DigiByte blokketting. Jared was voltyds betrokke by die ontwikkeling van DigiByte sedert Oktober 2013. Hy was genooi deur MIT, Harvard en die US Capitol as spreker oor blokketting tegnologie. Hy is ook die skrywer van die boek Blockchain 2035 The Digital DNA of Internet 3.0, ‘n boek wat ook ‘n eerste is vir enige blokketting stigter.

Twitter LinkedIn Biografie

Sosiale Media Vrywaring
Die persoonlike opinie, opvattings en sienings van Jared Tate, DigiByte Core Team, die DigiByte Stigting & DigiByte Bewusmakingspan, weerspieël nie noodwendig die persoonlike opinie, opvattings en sienings van die gemeenskap nie.

Dra by tot die DigiByte-gemeenskap.

Skenk aan DigiByte-organisasies of gebruik die onderstaande dienste om ons te ondersteun.

Changeangel

Changeangel is 'n kripto tot kripto, beursie tot beursie, uitruil beursdiens wat gemeenskap projekte ondersteun.

Changeangel changeangel.io - buy dgb

Kies jou toepassing (App).

SKies 'n toepassing om jou DigiByte & DigiAssets te stuur, ontvang en te stoor of om verifikasie te doen met Digi-ID.
Op Datum DigiByte Core v7.17.3

Leer deur te kyk

Toepassings ontwikkel deur die DigiByte gemeenskap.

DigiByte Core bevat 'n volledige kopie van die blockchain en bou die ruggraat van die netwerk. Dit benodig egter baie skyfruimte, 'n hoë geheuegebruik en 'n lang tyd om te sinkroniseer. As u nie 'n ervare gebruiker is nie, wil u dalk 'n vereenvoudigde sagteware-beursie gebruik.

DigiByte Core

  • Volle bekragtiging
  • Ondersteun die netwerk
  • Hoogs stabiel
  • SegWit ondersteuning

Beskikbaar vir Windows, MacOS & linux (64 bit alleenlik)

DigiByte Mobile

  • SPV beursie
  • Digi-ID ondersteuning
  • DigiAssets ondersteuning
  • Veeltalige ondersteuning

Beskikbaar vir iOS & Android
TestFlight     Android Beta

DigiByte Dokumente & Gidse.

Op soek na meer dokumentasie? Of u basiese inligting vir 'n artikel of tegniese inligting benodig vir 'n integrasieproses. U kan al die nodige gidse hieronder bereik.

DigiByte Info Paper

Leer die besonderhede van die DigiByte blockchain deur die "info paper" te gebruik.

Info paper Aflaai
DigiByte Integration Guide

Integreer die DigiByte blokketting maklik in jou verhandelingsbeurs, beursie of diens wat jy aanbied.

Integrasie gids Aflaai
DigiByte Media Sheet

Leer vinnig die belangrike feite omtrent die DigiByte blokketting op die media bladsy.

Media bladsy Aflaai
DigiByte Presentation

Gebruik hierdie insiggewende aanlyn aanbieding om DigiByte aan jou vriende voor te stel.

Aanbieding Begin
DigiByte Logos & Icons

Vind die korrekte en jongste DigiByte Logo's en ikone vir jou projek.

Logo's & Ikone Gaan na GitHub
How to Guides

Bedryf you eie DigiByte volle nodus of Insight plekwyser deur na die Wiki gidse te verwys.

How to guides Gaan na DigiByte Wiki

Toepassings ontwikkel deur Derde Party dienste.

Sagteware beursies.

Coinomi Wallet

Beskikbaar vir Windows, macOS, Linux, iOS en Android. Digi-ID en SegWit ondersteuning. Word aanbeveel!

Coinomi Aflaai
Ownbit Wallet

Beskikbaar vir iOS en Android. Digi-ID en MultiSig ondersteuning. Betaalde lidmaatskap.

Ownbit Aflaai
Edge Wallet

Beskikbaar vir iOS en Android. SegWit ondersteuning.

Edge Aflaai
Exodus Wallet

Beskikbaar vir Windows, macOS, Linux, iOS en Android.

Exodus Aflaai
Atomic Wallet

Beskikbaar vir Windows, macOS, Linux, iOS en Android.

Atomic Aflaai
Trust Wallet

Beskikbaar vir iOS en Android. SegWit ondersteuning.

Trust Wallet Aflaai
Guarda Wallet

Beskikbaar vir Windows, macOS, Linux, Chrome, iOS en Android.

Guarda Aflaai

Hardeware beursies.

Bitfi Wallet

Werk met enige webleser oor Wi-Fi. SegWit ondersteuning. Word aanbeveel!

Ledger Wallet

Werk met Windows, macOS, Linux, iOS en Android deur USB en Bluetooth. SegWit ondersteuning. Word aanbeveel!

Trezor Wallet

Werk met Chrome en Firefox deur USB. SegWit ondersteuning.

KeepKey Wallet

Werk met Chrome en ShapeShift.com deur USB.

SafePal Wallet

Werk met iOS en Android met QR kode. SegWit ondersteuning.

SecuX Wallet

Werk met Chrome en iOS deur USB en Bluetooth. SegWit ondersteuning.

D'CENT Wallet

Werk met iOS en Android deur USB en Bluetooth. Biometriese verifikasie en SegWit ondersteuning.

Debietkaarte.

Crypto.com

Toepassings vir bewaring in iOS en Android. Visa debietkaart.

Crypto.com Kry die toepassing
Bitpanda

Toepassings vir bewaring in iOS en Android. Visa debietkaart.

Uphold

Toepassings vir bewaring in iOS en Android. MasterCard debietkaart.

Kooppunt Toepassings,

Coinpayments

Toepassings vir bewaring in iOS en Android vir persoon tot persoon betalings. Aanlynbetalings kan ook gekoppel word. Ondersteun outomatiese verkoop.

CoinPayments Kry die toepassing
Prodoge

Toepassing vir nie-bewaring in iOS vir persoonlike betalings en handelaar api vir aanlynbetalings.

Digi-ID toepassings.

Digi-ID/AntumID

Digi-ID verifikasie toepassing. AntumID uitbreidings word ondersteun vir die DigiPassword funksie.

Digi-ID/AntumID iOS - Android
Coinomi

Multi-geldeenheid beursie met Digi-ID verifikasie funksie.

Coinomi iOS - Android
Ownbit Wallet

Multi-geldeenheid beursie met Digi-ID verifikasie funksie.

Ownbit iOS - Android
Digi-ID Desktop

Digi-ID vir Rekenaarbladrekenaars.

Digi-ID Desktop Vrystellings

Gereedskap en Oplossings.

GetBlock

DigiByte Node Eindpunte.
Blockchain RPC API.

NOWNodes

DigiByte Node Eindpunte.
Blockhain RPC en Explorer API

Digi-ID Desktop

Installeer & monitor DigiByte en/of DigiAssets node op Linux-masjiene.

DigiNode Tools Vrygestellings

Beursie Vrywaring
Al die Derde Party Beursies wat hier bekend gestel word, word gestoor deur hulle eie netwerk bedieners of toepassings. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir moontlike probleme wat jy mag kry met enige Derde Party beursie nie. In sodanige geval moet jy die betrokke beursie se ondersteuning kontak.